Simon Terblanche Se Reis Beklemtoon Die Krag Van Fokus En Deursettingsvermoë
Written by: WineLand Media Editor Save to Instapaper
Simon Terblanche het sy loopbaan in wyn met fokus en vasberadenheid opgebou. Vandag is hy ’n jong plaasbestuurder met ’n duidelike visie.
Simon Terblanche (24) se belangstelling in wyn het by die huis begin. “My ouers was lief vir ’n glasie wyn op ’n Woensdagaand en ek het altyd saamgeproe, -geruik en -gepraat,” sê hy. Wat as ’n eenvoudige gewoonte begin het, het eindelik rigting gegee aan sy studies en loopbaan.
Hy het besluit om landbou aan die Universiteit Stellenbosch te studeer, met wingerdboukunde en hortologie as hoofvakke, en het al sy vakke in sy tweede en derde jaar cum laude voltooi. “As jy self vir jou studies betaal, werk jy ekstra hard,” sê hy oor die ingesteldheid wat hom deur sy studies gedra het.
Praktiese ervaring het reeds in sy studentejare ’n belangrike rol gespeel. Hy het by Fruitways op vrugteplase in sy vakansietyd gewerk, maar gou besef sy belangstelling lê elders. “Jy gaan nie ’n appel koop en wonder wie dit gemaak het nie, maar wyn is ’n nisbedryf waar jy die mense agter die bottel leer ken,” sê hy. Hierdie insig het sy fokus finaal op die wynbedryf geplaas.
Sy eerste groot werksgeleentheid was by Waterford Estate, waar hy as assistent-wingerdboukundige onder David van Schalkwyk begin werk het. Hier het hy eerstehands kennis gemaak met die rol van tegnologie in moderne wynbou. “’n Mens moet aanpas om by die mark by te hou,” sê hy. Die gebruik van hommeltuie vir spuit en bemesting het nie net tyd bespaar nie, maar ook nuwe maniere van werk ontsluit. “Ons kon ’n kaart van die plaas trek en swakker dele van die wingerd identifiseer en beter bestuur.”
Ten spyte van die tegnologiese vooruitgang bly sy benadering gegrond in die natuur. Sy werk met wurmkompos en sogenaamde “red wigglers” fokus op grondgesondheid en die bevordering van mikrolewe. “As jy na die grond omsien, gaan die wingerd minder stres,” sê hy. Vir hom begin ’n wyn se kwaliteit in die grond, lank voordat dit in die kelder sigbaar word.
Hy sien volhoubaarheid as ’n noodsaaklike deel van die bedryf se toekoms. Volgens hom, beweeg al hoe meer produsente in dié rigting, mits dit ekonomies sin maak. Die uitdaging lê daarin om praktyke te verbeter sonder om kostes onnodig te verhoog.
Op 24 is hy ’n pos as plaasbestuurder by Stark-Condé aangebied. Hy het die geleentheid sonder huiwering aangegryp. Die werklikheid van die plaas bring unieke uitdagings, van steil hellings en sterk wind tot bobbejane wat skade kan aanrig. Daarby vereis organiese boerdery akkurate uitvoering en goeie tydsberekening. “Alles moet op die regte tyd gebeur om effektief te wees,” sê hy.
Selfs met hierdie uitdagings bly hy ingestel op leer en ontwikkeling. Hy eksperimenteer met nuwe idees en toets byvoorbeeld sy eie organiese bemesting om die effek daarvan te verstaan. “Ek hou daarvan om die wyn te proe en te kyk wat in die wingerd daartoe bydra,” sê hy. Die oorgang na bestuur het ook aanpassing geverg, veral om sy kollegas se vertoue te wen. Aanvanklik moes hy homself bewys, maar vandag werk die span goed saam. Hy geniet dit om kennis oor te dra en mense deel te maak van die proses.
Balans is vir hom ’n kernbeginsel. Dit geld nie net vir die wingerd, kostes en kwaliteit nie, maar ook vir die mense saam met wie hy werk. Wanneer hierdie elemente in ewewig is, wys dit in die eindproduk.
Hy moedig jongmense aan om praktiese ervaring op te doen en self te ontdek waar hul belangstelling lê. Hy self vind die grootste inspirasie in die praktyk, veral in parstyd, spanwerk en die vreugde wanneer iemand sy wyn geniet. “Dis lekker om die resultate van jou harde werk te sien,” sê hy.
Vorentoe fokus hy daarop om volhoubaar te werk en iets waardevol agter te laat. Sy doel is eenvoudig en dit is om mooi na die wingerde kyk en ’n goeie stelsel vir die volgende persoon agter te laat. Op dié manier kan sy passie, kennis en respek vir die grond selfs ná sy eie betrokkenheid voortleef.
Blitsvrae
- Rooi, wit of vonkelwyn? Rooi.
- Iets of iemand wat jou altyd laat lag? Sarkastiese grappies.
- Wie in die wynwêreld inspireer jou die meeste? Bertie Coetzee, die regeneratiewe boer en wingerdboukundige van Lowerland.
- Enige versteekte talente buite die wynbedryf? Visvang.
- Een woord wat die SA wynbedryf beskryf? Divers.
Sosiale media
Instagram: @simonterblanche
Facebook: Simon Terblanche
LinkedIn: Simon Terblanche
Get new press articles by email
We submit and automate press releases distribution for a range of clients. Our platform brings in automation to 5 social media platforms with engaging hashtags. Our new platform The Pulse, allows premium PR Agencies to have access to our newsletter subscribers.
Latest from
- Growing Calls For Stronger Bereavement Leave Policies In South African Workplaces
- Santam Syndicate 1918 Appoints Sam Geddes As Chief Executive Officer
- AI And Learning Innovation Set To Reshape Africa’s Global Workforce Competitiveness
- Helm Highlights Intellectual Property Risks As Organisations Expand AI Capabilities
- Atlantic Seaboard Buyers See Returns Driven By Asset Selection Not Market Momentum
- Portfolio Committee On Health Marks National Cancer Survivor Day With Renewed Commitment
- News24 And Netwerk24 Introduce All That And Alles For Informed Consumer Choices
- Economic Challenges Intensify As South Africans Confront Higher Prices And Interest Rates
- Helene Joubert Gebruik Kreatiwiteit Om Wyn Vir ’n Nuwe Generasie Te Herdefinieer
- From Limpopo Gardens To Acclaimed Wines For Rising Talent Mosima Mabelebele
- Businesses Urged To Strengthen Compliance Strategies As Economic Crime Evolves
- Elani Nell Bring Kreatiewe Storievertelling Na Die Hart Van Die Wynbedryf
- Johannah Shibe Moloantoa Emerges As A Rising Star In South Africa’s Wine Industry
- Hugo Pietersen Se Inspirasieverhaal Beklemtoon Talent Groei En Vasberadenheid
- Luhan Steyn Se Reis Beklemtoon Die Volgende Generasie Wynbedryftalent
The Pulse Latest Articles
- South African Women Are Missing This Essential Nutrient (May 20, 2026)
- Opinion Piece: Rethinking Performance: Why Behaviour Remains The Missing Link In Evaluation (May 20, 2026)
- 125 Years Of Hansgrohe And The Designers Who Made Axor A Luxury Language (May 19, 2026)
- World Whisky Day: Whisky Lovers Challenged To Stop Saving Their Best Bottles (May 15, 2026)
- Hidden Inefficiencies Are Draining South African Businesses (May 15, 2026)
