Swartlandskou Moorreesburg Vier 90 Jaar Met Skou Vir Die Hele Gesin
Written by: Yolandi de Wet Save to Instapaper
In die hartjie van die Swartland vier die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap vanjaar sy 90ste bestaansjaar met ‘n program vir die hele gesin. Swartlandskou Moorreesburg sal van Woensdag 4 tot Saterdag 7 September 2024 die beste uit dié geweste aan 20 000 besoekers bekendstel. Die skou, met Afgri as ankerborg, is bekend vir top perde, beeste, skape en pluimvee, asook 'n masjienerie-uitstalling van R230 miljoen.
Die ‘cool’ van landbou: Van 8-span waperde tot ‘n skaapskeer-nuutjie
Die skouprogram bars vanjaar uit sy nate met landbou- én leefstylaktiwiteite. Swartlandskou spog met die grootse vleisbeesskou in die Wes- en Suid-Kaap, met sowat 400 diere wat om gesogte titels meeding. ‘n Kleinvee-nuutjie is die Swartlandskou Skeerkampioenskappe. Besoekers kan uitsien na die BKB & FNB Slaglamkompetisie, Merino-kampioenskappe, die SA Vleismerino Super 10-kampioenskappe en die OVK-Interrasuitstalling. Meer as 400 wa-perde sal ten toon gestel word met die 8-span waperde as ‘n hoogtepunt. Sowat 230 leerders sal aan die Streek Jeugskou deelneem en die Wes-Kaap Pluimveeklub sal vir ‘n pluimvee-tentoonstalling sorg.
Die musikante Jay, Chris Else, Viljoen Retief, Dodo Nyoka, Jan Rhaap en ander sal optree, terwyl die AFGRI-damesdag met Marciel Hopkins as gasspreker en ‘n landbou-oggend met Theo Vorster as gespreksleier interessante ervarings beloof. Die kleingoed kan uitsien na ‘n kulkunstenaar, ‘n dansskool, Lollos en ‘n speelpark met toesig.
Volgens die President Jacques Bester is Swartlandskou ‘n sukses danksy noue samewerking tussen die gemeenskap en besighede. “Kom ervaar plattelandse geselligheid en kom deel in die ‘cool’ van landbou,” nooi Bester.
Toegangskaartjies sal by Ticketpro en by die hekke beskikbaar wees. Toegang wissel van R50 tot R150 per dag, gratis vir kinders onder vyf jaar en R40 vir kinders onder 18 jaar, asook afslag vir pensionarisse. Vir meer inligting, besoek https://www.swartlandskou.co.za/ en volg @SwartlandskouMoorreesburg op Facebook en @Swartlandskou op Instagram.
Get new press articles by email
Public relations, social media management, communication: food, wine, agriculture, awards functions & events.
Latest from
- The flair and joy of festive gift giving at La Motte
- Introducing La Motte Inheems
- Switch on the Sparkle with Leopard's Leap
- La Motte brings you - The Festive Four
- Leopard's Leap The Sunset Smooth Event - 20 December 2025
- Another reason to celebrate with La Motte
- Sauvignon Blanc SA Seminar - unpacking the cultivar with styles
- La Motte Classical Music Concert 15 November 2025 - Guitarist, James Grace
- Summer Announcement - The Sunset Smooth Series at Leopard's Leap
- Easy Fridays with Friends and Family at La Motte
- 2025 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10 - Another win for versatility
- ROSE’D– step into seasonal beauty with La Motte’s new art exhibition
- Celebrate 100 Years of Pinotage with Leopard’s Leap Cocktail
- Music Returns To La Motte As François Du Toit Opens Summer Concert Series With Spring-Inspired Recital
- Experience Texture at La Motte
The Pulse Latest Articles
- Education Is The Frontline Of Inequality, Business Must Show Up (December 11, 2025)
- When The Purple Profile Pictures Fade, The Real Work Begins (December 11, 2025)
- Dear Santa, Please Skip The Socks This Year (December 10, 2025)
- Brandtech+ Has 100 Global Creative Roles For South African Talent (December 9, 2025)
- The Woman Behind Bertie: Michelle’s Journey To Cape Town’s Beloved Mobile Café (December 9, 2025)
