De Tyger-atlete deur na MNED-byeenkoms
Written by: Mnr. Wiehan Smit Save to Instapaper
PAROW – Leerders van Laerskool De Tyger het onlangs uitstekende prestasies op die atletiekbaan behaal en die skoolgemeenskap trots gemaak.
Verskeie atlete het hul staal gewys deur na kring- en distriksvlak deur te dring en indrukwekkende uitslae in baan- en velditems te behaal. Volgens die skool is hierdie sukses die resultaat van ure se toegewyde oefening, deursettingsvermoë en hegte spanondersteuning. Verskeie van dié leerders was ook in die Parow-Ravensmead-span opgeneem en het op 21 Februarie hul talente verder ten toon gestel tydens die MNED-byeenkoms.
“Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het. Atletiek leer kinders nie net fisiese vaardighede nie, maar ook selfdissipline, respek en deursettingsvermoë – waardes wat ons daagliks by die skool uitleef,” sê die skoolhoof, Mnr Wiehan Smit.
Laerskool De Tyger, wat in 2025 sy 60ste bestaansjaar gevier het, speel reeds dekades lank ’n gevestigde rol in die Parow-gemeenskap. Die skool bied onderrig van Graad RR tot Graad 7 en fokus op die holistiese ontwikkeling van elke kind binne ’n Christelike en waardegedrewe raamwerk.
Benewens akademiese en sportaktiwiteite bied die skool ook ’n koderingsklub aan vir leerders van Graad R tot Graad 7 waar basiese programmeringsvaardighede, logiese denke en probleemoplossing ontwikkel word – vaardighede wat in ’n tegnologiegedrewe wêreld al hoe belangriker word.
Die skool nooi nou voornemende ouers en leerders om self die De Tyger-gees te beleef tydens hul Opedag op 5 Maart 2026 van 17:30 tot 19:00. Met ’n interaktiewe seerower-tema – “Kom reis saam met Temba” – kan besoekers uitsien na klasaktiwiteite en die geleentheid om opvoeders te ontmoet. Die skool beplan ook om vanaf 2027 ’n Engelse Graad R en Graad 1-klas bekend te stel.
Submitted on behalf of
- Company: Laerskool De Tyger
- Contact #: 0219302829
- Website
Press Release Submitted By
- Agency/PR Company: Laerskool De Tyger
- Contact person: Mr W Smit
- Contact #: 0219302829
- Website
Get new press articles by email
Laerskool De Tyger is ’n gevestigde laerskool in Parow, Kaapstad, wat sedert 1965 deel vorm van die gemeenskap. Die skool bied tans Afrikaans-medium onderrig van Graad RR tot Graad 7 en fokus op die holistiese ontwikkeling van elke leerder binne ’n sterk waardegedrewe raamwerk. Waardes soos eerlikheid, integriteit, selfdissipline, verantwoordelikheid, lojaliteit en respek vorm die grondslag... Read More
The Pulse Latest Articles
- Interpol Warns Of Global Crime Networks, Sa Businesses Urged To Rethink Detection (April 10, 2026)
- Adaptive Leadership In Motion: Why Logistics Needs A Different Kind Of Strength (April 9, 2026)
- Ai Isn’t Shrinking Marketing Jobs - It’s Exposing A Bigger Talent Crisis (April 8, 2026)
- Stones Safaris Unveils A New Approach To Safari Through Experience-led Activities (April 8, 2026)
- Bright Beginnings Preschool Celebrates Linden Campus (April 2, 2026)
