30 May 2025 2 min

Fos4is drop 'n gospel-banger met 'n glimlag en ‘n beat

Written by: Fos4is Music Save to Instapaper
Fos4is drop 'n gospel-banger met 'n glimlag en ‘n beat

Kyk “Ek lewe lekker” nou by https://www.youtube.com/watch?v=TjRunVZ1qlA  

 Dis tyd om daai skoene uit te skop, die wors op die rooster te gooi, en die volume so hoog te draai – want Fos4is het pas hul splinternuwe musiekvideo “Ek Lewe Lekker” losgelaat, en dis ‘n vibe van geloof, vreugde, en sommer net lekker lewe!

Fos4is  stuur ‘n boodskap van hoop en vrede, maar met ‘n beat wat klink soos die hemel self se sokkiedans.

Die video is ‘n visuele fees van sonskyn, gelag, ‘n bietjie boerewors, en mense wat net hul beste lewe lewe – omdat hulle weet God is groot, liefdevol, en beslis nie teen ‘n goeie bass drop gekant nie.

“Dis nie net ‘n lied nie, dis ‘n leefstyl,” sê een van die lede van Fos4is. “As jy nie tydens die koor wil hande in die lug gooi nie, moet jy dalk bid vir jou voete.”

Of jy nou in jou bakkie sit oppad jagveld toe, in ‘n kerkbank wieg, of net op jou bed lê en YouTube kyk in plaas van te werk – hierdie lied gaan jou laat glimlag, bid, en move – alles terselfdertyd.

Kyk “Ek lewe lekker” nou op YouTube by https://www.youtube.com/watch?v=TjRunVZ1qlA  of stroom op hoof musiekplatforms.

Deel Ek Lewe Lekker met daai een vriend wat altyd te ernstig is – dis tyd dat hulle ook leer: geloof kan fun wees!

Volg Fos4is

Facebook: https://www.facebook.com/Fos4isMusic

YouTube: https://www.youtube.com/@Fos4isVEVO

LinkedIn: https://www.linkedin.com/company/fos4is-music

Web site: https://www.fos4ismusic.co.za

Total Words: 266

Submitted on behalf of

Press Release Submitted By

  • Agency/PR Company: Fos4is Music
  • Contact person: Mitch Mitchell
  • Contact #: 0832260133
  • Website
  • LinkedIn