Virseker Afrikaans 100 - Two artists. Two songs. One chance to choose.
Written by: Thato Moloi Save to Instapaper
Virseker, ’n trotse ondersteuner van die Afrikaanse taal en kultuur, is opgewonde om Fase 2 van die Afrikaans 100 verjaarsdagliedjie-projek aan te kondig – ’n projek wat met hart, trots en gemeenskapgeanker is.
Hierdie spesiale musiekinisiatief is deel van Virseker se groter viering van Afrikaans as ’n lewende enontwikkelende taal wat nou reeds 100 jaar lank amptelik erken word. In Fase 1 is die publiekuitgenooi om hul eie oorspronklike verjaarsdagliedjies vir Afrikaans in te stuur – en die reaksie was oorweldigend. Meer as 100 inskrywings is ontvang van mense regoor Suid-Afrika – elk met ’n uniekeklank, storie en viering van ons taal se rykheid.
Nou, in Fase 2, is twee bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, Die Piesangskille en Tasché, deur ’n beoordelaarspaneel gekies om elk ’n splinternuwe verjaarsdaglied te skryf. Hierdie liedjies is direkgeïnspireer deur die kreatiewe bydraes van die publiek – en bring daardie stemme en gevoelens nadie verhoog.
Die eindproduk is twee kragtige en uiteenlopende liedjies wat nou beskikbaar is vir die publiek om teluister én vir hul gunsteling te stem. Die lied met die meeste stemme sal as die amptelikeverjaarsdaglied vir Afrikaans 100 aangewys word – ’n lied vir die mense, deur die mense, geborg engedryf deur ’n Afrikaanse maatskappy wat werklik omgee.
“Hierdie is nie net ’n kreatiewe projek nie – dis ’n viering van identiteit, kultuur en gemeenskap,” sêMorné van Emmenes, Minister van Taal (Hoof van Bemarking by Virseker). “Ons het gesien hoe lewendig Afrikaans is deur die ongelooflike inskrywings wat ons ontvang het, en nou gee ons die mag terug aan die publiek om te kies. Hierdie lied is hulle lied.”
Stemtyd het aangebreek. Gaan luister na beide liedjies en kies die een wat volgens jou Afrikaans se 100ste bestaansjaar die beste verteenwoordig.
Luister na die twee nuwe liedjies: http://www.virseker.co.za/ .Stem vir jou gunsteling.Stemming sluit op 31 Oktober 2025.
Vier Afrikaans. Vier saam. Stem nou.
Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gelisensieerde nie-lewensversekeraar en finansiële diensverskaffer.
#Virseker100 #OnsVerjaar
Instagram: @Virseker
TikTok: @Virseker
Facebook: @Virseker
https://www.youtube.com/user/VirsekerTV
MEER OMTRENT VIRSEKER:
Virseker is reeds vir meer as 14 jaar lank Suid-Afrika se eerste en enigste trots Afrikaansekorttermynversekeringsproduk – een wat seker maak dat alles van jou voertuig, karavaan en sleepwatot jou huis, huisinhoud, sakeonderneming en selfs jou troeteldiere voldoende verseker is. Hulle is ookonlangs aangekondig as die beste korttermynversekeraar vir kliëntediens en -ervaring in die gesogteAsk Afrika Orange Index® - ‘n maatstaf wat reeds vir 23 jaar die mees omvattende en wyd aangehaalde in die bedryf is.
Vir meer as 14 jaar gaan Virseker ook ‘n stap verder as topklas diens en versekering. Met die hulpvan hul polishouers, het hulle reeds meer as R171 Miljoen uitbetaal aan die ondersteuning en behoudvan Afrikaans, Afrikaanse onderrig en die gemeenskap.
‘n Deel van elke premie wat Virseker ontvang word toegeken aan die Virseker Trust, wat verskeieinisiatiewe ondersteun, wat onder andere die volgende insluit:
- Befondsingvir rentevrye studielenings, met meer as 290 studente wat al hierby kon baat
- Akademiaen Die Kampus Trust, waar Afrikaanse kapitaal help bou het aan ‘n wêreldklasAfrikaanse hoëronderwysinstelling sonder winsoogmerk. Skenkings dra by tot die ontwikkeling van nuwe kwalifikasies, die suksesvolle uitrol van programme, die aanstelling van passievolle personeel, asook die bou van ʼn omvattende residensiëlekampus.
- Die SolidariteitHelpende Hand studiefonds – ‘n geregistreerde openbareweldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studies moontlik maak deurmiddel van rentevrye studielenings. Die fonds administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 11 000 toekennings aan 4750 behoeftige studente gemaak - ‘n totaal van R277 miljoen.
- Die Afrikaanse Taalraad wat Afrikaans en al sy variëteite bevorder. Die ATR fasiliteer, skep netwerke en koördineer taalaksiesmet ander taalorganisasies, akademici, gemeenskapsleiers, kerkleiers, skole ens. om taaluitdagings op te los.
- Die Skole Ondersteuningsentrum(SOS) – ’n nie-winsgewende organisasie met die doelom gehalte-onderwys meer bekostigbaar en toeganklik vir alle leerders in Suid-Afrika temaak. Hul ontwikkel opvoedkundige produkte en dienste wat Afrikaanse leerders van alle gemeenskappe en ekonomiese agtergronde in staat stel om toegang tot wêreldklasonderwys te verkry. Hulle fokus op geakkrediteerde opleiding vir onderwysers, ’n verbeterde onderrig- en leermodel asook ’n digitale platform (Wolkskool).
- Die WEET e-Naslaangids: ‘n digitalenaslaanbron wat verseker dat die nuwe generasie op skool toegang het tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans. Juis omdat verallaerskoolleerders inligting in hul moedertaal beter kan verstaan en verwerk. Hierdieplatform word voortdurend aangevul en uitgebrei.
- Die nasionaleSkooltassie-projek, wat sedert 2007 tassies, met die nodigeskryfbehoeftes, in behoeftige graadeentjies se hand plaas.
- Die Pionierskoolvir Siggestremdes: Hierdie skool fokus sterk op toeganklikheid van lees- en leermateriaal vir blinde en swaksiende kinders en volwassenes. Dié skool het al ‘n hele paar goue gunstelingstories, sowel as blinknuwes, in die vorm van grootdruk, braille en klankopnames beskikbaar te stel aan siggestremdes wat dit gate uit geniet.
- Die HelpendeHand Noodfonds Josef Silo’s: Dié projek staan individue, gesinne, instansies en organisasies wat in hongersnood verkeer by. Hulle voorsien kospakkies, maar gaan ook een stap verder deur mense te bemagtig om na hulself om te sien. Elke persoon wat hier gehelp word, word deeglik en aan die hand van n maatskaplike werkergeassesseer om pasgemaakte bystand en ondersteuning te verskaf.
Submitted on behalf of
- Company: Virseker
- Contact #: 0844729688
- Website
Get new press articles by email
Boundless is a South African advertising and brand-building agency founded in 2024 by experienced leaders Paul Jackson, Roanna Williams, and Stuart Walsh, with a focus on creating "The World's Most-Loved Ideas™" through heartfelt creativity and strategic expertise. Operating across Africa and with plans to expand into the Middle East, Boundless serves diverse clients like Google, Sony, and... Read More
Latest from
- Tasché’s hit wins Virseker’s competition for a new Afrikaans birthday song – but Piesangskille remains a party favourite
- Mazda South Africa Expands National Service Network with Two New Authorised Dealer Groups
- Mazda Brings the Feeling Will Find You with South Africa’s First-Ever Bubble Billboard
- Mazda CX-30 - Now Smarter, Sleeker, and More Connected — Wonderrrr Awaits
- OOH’s Original Influencer - The Campaign That Made the Industry Look Up
- Driving Potential - Mazda Hands Over Two Vehicles to Endurocad to Support Youth Empowerment
- Mazda invites drivers to rediscover everyday wonderrrr
- Mazda3 Enthusiasts’ Meet-Up Celebrates Design, Belonging and the Joy of the Drive
- Spring Clean Your Fire Safety As Auto&General And Fidelity Securefire Bring Year-Round Protection
- NSPCA Calls for Urgent Action to Protect Racehorses Following Meeting with NHA
- Who Is The Og Influencer Lighting Up South Africa’s Screens?
- Mazda Expands Its Flagship SUV Lineup with the Distinctive CX-60 Range
- Mazda Southern Africa Pty Ltd announces leadership change
- BIC Celebrates 75 Years of the Iconic Crystal Pen
- Mazda Elevates Customer Care with the Launch of the Mazda Care Courtesy Service Program for Eligible Mazda Owners
The Pulse Latest Articles
- Fast, Connected, Screen-free: The Big Toy Trends Defining Christmas 2025 (December 4, 2025)
- Dezemba Coolerbox Culture: The Small Summer Swaps That Make A Big Difference (December 4, 2025)
- Amarantine Travels Launches Summer Season Tours Showcasing South Africa’s Culture, Coastline And Winelands (December 3, 2025)
- Steinmüller Africa Teams At Kriel And Majuba Hit 1 Million Rcr‑free Hours (December 3, 2025)
- Natasha Van Der Merwe’s Festive Shopping Picks: Wellness, Style And A Little Treat (December 1, 2025)
