13 August 2026 7 min

Ghost Corner Sémillon named Top Wine as SA Terroir Awards crown 38 national winners; Arbeidsgenot, Bon Courage and Botrivier among top trophy recipients

Written by: SA Wine Industry Save to Instapaper
Ghost Corner Sémillon named Top Wine as SA Terroir Awards crown 38 national winners; Arbeidsgenot, Bon Courage and Botrivier among top trophy recipients

Die land se voortreflikste wyne uit amptelik afgebakende terreine is pas by die 21ste jaarlikse SA Terroir Wyntoekennings aangewys, met die ses top trofeë wat aan wynprodusente uit vyf verskillende terreine toegeken is.

Boonop het al die 38 nasionale wenwyne van die verskillende wynkultivars en -style uit 16 terreine in die wynland gekom, soos aangekondig by ‘n spoggeleentheid by die Lanzerac Hotel en Spa op Woensdag 12 Augustus.

Die algehele wenwyn uit al die inskrywings kom van Ghost Corner Wyne in die Elim-wyk by Cape Agulhas, naamlik die Ghost Corner Sémillon 2024, wat daarmee die 2026 SA Terroir Trofee vir die Top Wyn ingepalm het. Dit is die tweede jaar in ‘n ry dat Ghost Corner Wyne met dié trofee wegstap nadat hulle dit verlede jaar met hul 2024 Sauvignon Blanc gewen het. Die Ghost Corner Sémillon is ook ‘n wyn wat 500 km ver van hul mees suidelike wingerde in die land deur Cederberg Cellars berei is.

Arbeidsgenot Kelder van Wolseley het uitstekend presteer deur vanjaar twee trofeë te verower. Hulle het eerstens die SA Terroir Trofee vir die Top Produsent ontvang, terwyl die 2026 SA Terroir Trofee vir die Top Enkelwingerdwyn aan die 2025 Arbeidsgenot Tannie Esther Muscat D’Alexandrie Straw Wine toegeken is.

Die trofee vir die Top Landgoed is soos verlede jaar weer deur Bon Courage Landgoed in Robertson, ‘n gereelde presteerder by die Terroir-kompetisie, losgeslaan. Hulle het dié trofee reeds vier keer vantevore ingepalm, in 2025, 2019, 2015 en 2013.

Die trofee vir die Top Area is aan die Botrivier wyk toegeken met Nasionale Wenners van drie wynkelders.

Die trofee wat verlede jaar ingestel is vir die Top Erfenis Wyn (Old Vine), is deur Stettyn Kelder van Villiersdorp verower met hul Stettyn Old Vine Chenin Blanc 2025. Hierdie wingerd is in 1984 aangeplant.

Die kategorie Erfenis-wingerde – wat wingerde van 35 jaar en ouer behels – het benewens die Stettyn Old Vine Chenin Blanc 2025 ook ‘n rooiwyn-wenner opgelewer. Dit is die Stellenbosch 1679 Old Vine Pinotage 2023 van Koelenhof Kelder.

Uit al die nasionale wenners wat aan die verskillende kultivars en wynstyle toegeken is, was 17 landgoedwyne en 10 enkelwingerdwyne.

Behalwe hul twee trofeë, het Arbeidsgenot met die louere weggestap deur vier Nasionale Wenners op te lewer. Agt deelnemers het uitgeblink met twee nasionale wenners. Hulle is Benguela Cove, Bergsig Landgoed, Bon Courage Landgoed, Cederberg Cellars, Lourensford Kelder, Springfontein, Villion Wyne en Vrede en Lust.

Nuwelinge wat vir die eerste keer nasionale wenners opgelewer het, is Fryer’s Cove Hollebaksstrandfontein Sauvignon Blanc (gehout) 2025, Groot Phesantekraal Pinotage 2024 en Manley Viognier 2026.

Slegs wyne wat by die Wyn- en Spiritusraad gesertifiseer is as wyn van oorsprong van ‘n spesifieke wyk, ‘n distrik wat nie in meer as een wyk verdeel is nie, ‘n landgoed-geproduseerde wyn en enkelwingerdwyn mag aan die terroir-kompetisie deelneem. Enkelkultivar-wyne vorm ‘n belangrike deel van hierdie kompetisie, asook kleiner volume wyne waarvan al die druiwe uit een enkelwingerd kom.

Altesaam 38 wyne van al die verskillende ingeskrewe kultivars en style het met die hoogste punte as Nasionale Wenners uitgeblink. Benewens die trofeë en nasionale wenwyne, word die top wyne in die verskillende gebiede ook aangewys.

‘n Gesprek met die Topwyn se wynmaker en hoogtepunte van die toekenningsgeleentheid word op Saterdag 22 Augustus op die TV-program OntbytSAKE op Kyknet-kanale 144 en 145 gebeeldsend.

Die SA Terroir Wyntoekennings word aangebied in samewerking met die finansiële vennote SA Litho en WinField United SA, met die OntbytSAKE-program op KykNET as mediavennoot.

Links: Die 38 Nasionale wenners uitgestal in die Herehuis restaurant, Lanzerac hotel, Stellenbosch Middel: Trofee wenners en Borge: Cornel and Jaco Brand (Arbeidsgenot), Alicia Potgieter (Ontbytsake), JM Crafford (Stettyn), Mika Engelbrecht (Ghost Corner), Christo Pienaar (voorsitter SA Terroir Toekennings), Philip Viljoen (Bon Courage Estate), Marius Boshoff (Winfield United SA), Clarise Wallace (SA Litho), Johann Fourie (Botrivier Area) Regs: Trofeewenners: Cornel and Jaco Brand (Arbeidsgenot), JM Crafford (Stettyn), Mika Engelbrecht (Ghost Corner), Philip Viljoen (Bon Courage Estate), Johann Fourie (Botrivier Ward)

Links: Top area: Botriver ward – Nick Harlow (Wildekrans) Johann Fourie (Benguela Cove), Kobie Viljoen (Villion)Middel: Top Producer: Jaco and Cornel Brand (Arbeidsgenot)Regs: Top Wine: Mika Engelbrecht Ghost Corner Semillon with Christo Pienaar, Chairman SA Terroir awards

Links: Heritage Vineyard Vineyard Wine – Stettyn Old Vine Chenin Blanc 2025 – JM Crafford and Christo PienaarMiddel: Top Single Vineyard – Arbeidsgenot Tannie Esther Muscat D’Alexandrie 2025 Jaco Brand and Christo PienaarRegs:Top Wine Estate Philip Viljoen from Bon Courage and Christo Pienaar

Links: Clarise Wallace – Sales manager Wines for SA LithoMiddel: Marius Boshoff – MD Villa Crop and Executive member WUSARegs: Alicia Potgieter – Project manager OntbytSake

Beoordelaars

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit vyf Kaapse Wynmeesters: Jeff Grier, wynkonsultant (voorsitter); Conrad Louw, gereelde lektor by die Kaapse Wynakademie en wynkompetisie-beoordelaar; Lieza van den Heever, bemarkingsbestuurder by Merwida; Anton Swarts, senior wynmaker en wynaankoper by Spier, en Janine van Zyl, ‘n gekwalifiseerde sommelier.

Borge

SA Litho Label Printers – Met meer as 120 jaar se kundigheid, ondersteun SA Litho die SA wynbedryf met trots deur middel van innoverende denke, diepgaande bedryfskennis en top verpakkings-oplossings. “Om in vennootskap met die SA Terroir Wyntoekennings te wees, bewys ons gemeenskaplike verbintenis tot die viering van egtheid, vakkundigheid en die unieke karakter van Suid-Afrikaanse wyn,” sê hul verkoopsbestuurder van wyn, Clarise Wallace.

WinField United SA – WUSA, verskaf innoverende oplossings en is betrokke by projekte wat help om vooruitgang in landbou te bevorder. Hul HUB, Jan Vermaak, sê: “Ons vennootskap met die SA Terroir Wyntoekennings weerspieël ons verbintenis tot die ondersteuning van uitnemendheid in Suid-Afrikaanse landbou. Dit is ons belang om betrokke te wees by die viering van wyne wat die ware sin van plek weergee en om die reis van die wingerd tot die finale produk in die bottel te erken, asook die mense wat dit moontlik maak.”

OntbytSAKE – As mediavennoot, sê Louis Mclaren, eienaar en uitvoerende aanbieder: “Ons gaan voort daarmee om die voortreflikste Suid-Afrikaanse wyn te promoveer en om die top presterende wynmakerye en wynmakers in die nasionale kollig te plaas wat hulle verdien. Om uitnemendheid te vier is nie net ‘n waarde nie – dit is ons passie. Die wenwyne en wynprodusente, insluitend nuwe toetreders, sal lugtyd-blootstelling op kykNET se OntbytSAKE geniet. Die Terroir Wyntoekennings versinnebeeld ‘n standaard van uitnemendheid wat OntbytSAKE trots is om met gehore regoor die land te deel.”

Die volledige uitslae is beskikbaar op die webwerf,www.terroirwineawards.co.za.

Nasionale Wenners

2025Arbeidsgenot Tannie Esther Muscat D’Alexandrie
2025Arbeidsgenot Grenache Rosé
2025Arbeidsgenot Verdelho (gehout)
2025Arbeidsgenot Roussanne (gehout)
2023Babylonstoren Shiraz
2025Bellingham Pandemonium Grenache Blanc (gehout)
2021Benguela Cove Vinography Cabernet Sauvignon
2024Benguela Cove Vinography Malbec
N/OBergsig Icarus Heritage Reserve – Nie-oesjaar
2026Bergsig Gewürztraminer
2018Bon Courage Jacques Bruére Brut Reserve
2026Bon Courage André’s Fame Colombard
2024Boplaas Block 1932 Hanepoot
2025Cederberg Sandpoort Sauvignon Gris
2024Ghost Corner Sémillon (gehout)
2021De Krans Cape Vintage Reserve
2025Flagstone Treaty Tree Classique White Blend (gehout)
2025Fryer’s Cove Hollebaksstrandfontein Sauvignon Blanc (gehout)
2022Groot Constantia Grand Constance
2024Groot Phesantekraal Pinotage
2023Stellenbosch 1679 Old Vine Pinotage
2024Kranskop Single Vineyard Tannat
2023Le Bonheur Petit Verdot Reserve
2024Lourensford Limited Release Merlot
2023Lourensford Kleipot Petite Sirah
2026Manley Viognier
2025Neethlingshof Estate Short Story Collection Maria NLH
2024Oak Valley Groenlandberg Pinot Noir
2021Saronsberg Mourvèdre
2022Springfontein Terroir Selection Chenin Blanc (gehout)
2023Springfontein Terroir Selection Chenel
2025Stettyn Old Vine Chenin Blanc
2021Villion Cabernet Franc
2024Villion Chardonnay (gehout)
2025Vrede en Lust Early Mist Riesling
2023Vrede en Lust Ella Grenache
2025Welbedacht Bakleiblok Cinsault
2024Wildekrans Estate Deep Purple Red Blend

Terroir is die basis waardeur die natuurlike omgewingselemente soos grond, topografie en klimaat saamwerk om verskillende geure en karakters te lewer in wyne van dieselfde druif variëteit wat op verskillende terreine gekweek word.

Navrae aan Elsabé Ferreira tel 021 863 1599 /

Die SA Terroir Wyntoekennings word aangebied deur die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV) wat ook die Veritas Toekennings en die SA Jongwynskou reël.

Sosiale media:

Facebook: https://www.facebook.com/saterroir X: X.com/saterroir Instagram: www.instagram.com/saterroirawards

#SATerroirAwards#SATerroir

Total Words: 1284
Published in Press Articles