30 October 2017

Rozanne Gewaar stel nuwe video bekend: Alles Wat Ek In My Het

Submitted by: Rozanne
Rozanne Gewaar stel nuwe video bekend: Alles Wat Ek In My Het

Sy’s maar stil sedert sy in 2012 nie een, maar twee musiek albums vryggestel het, met ‘n derde (Kleine Gode) reg op hul hakke in 2013. Maar sy’t nie stilgesit nie! Sedert 2013 het Rozanne Gewaar San Francisco toe getrek, haar aanstaande trou- en musiekmaat ontmoet, stil-stil verskeie nuwe videos gemaak (insluitende Kleine Gode (https://youtu.be/ssKGiJVhTXQ) , Karoo (https://youtu.be/RWGsPMBpw4o) , Vanaand (https://youtu.be/i147TmzYKo4) ) - en nou deel sy en Josh Beemish ‘n nuwe stel ambisieuse musiekvideos vir hul opkomende EP.

Kyk die video hierso:  https://youtu.be/Nmicu3F2hMA  

“Alles Wat Ek In My Het” skets ‘n Afrikaner meisie wat vanaf die 1600s in Amsterdam deur die eeue trek … per boot, stoomtrein, sneltrein, en dan die toekoms in! Die liedjie vra groot vrae oor identiteit en nasionaliteit … “vat my land, hier staan ek nog, vat my vlag, vat my huis … alles wat ek in my het, sleur ek met my mee”. Kyk die video hierso: https://www.youtube.com/edit?o=U&video_id=Nmicu3F2hMA Daar’s nog videos aan die kom vir Stilwater … dramatiese beelde vir “When We Were Water”, illustrasie-animasie vir Josh se “Blue” … en ‘n lekker SA-toervideo vir die twee se moderne verwerking van “Suikerbossie”.

Die volle EP sal vroeg Desember beskikbaar wees.

In die tussentyd blom daar ook ander projekte, stadig-rustig-seker. Rozanne werk aan ‘n opname vir “Camissa”, ‘n liedjie wat die Camissa waterstelsel in die Kaap verken. Vir ‘n ander liedjie “Eyeliner” (wat die patriargie sagkens aanvat) nooi sy vroue orals uit om video aan te stuur van hul grimeerroetine. Haar groep, “Blue Ocean Collective” speel in San Francisco … en as twee musikante trou, moet die troue seker ‘n musiekprojek he! Volg al hierdie avonture by www.facebook.com/rozannegewaar OF www.gewaarwordings.co.za of email This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om met Rozanne te gesels.

 

 

Latest from